NALN se visie, missie, ens.

 

Wat is NALN se visie as museum?

Die literêrhistoriese museum is enersyds 'n moderne, gespesialiseerde ontwikkeling van die museumkonsep, en andersyds 'n eiesoortige komprehensiewe wetenskaplike literêre instelling, wat as sodanig 'n unieke en onvervangbare bydrae te lewer het tot die bewaring, interpretasie, disseminasie, refleksie en kommunikasie van artefakte en inligting wat met die letterkunde verband hou.

 

Wat is NALN se visie t.o.v. die Afrikaanse letterkunde?

NALN volg 'n inklusiewe en nie-kanoniserende interpretasie van sy temaveld.  Die Afrikaanse letterkunde word daarvolgens sinchronies as diachronies as 'n holistiese sisteem beskou t.o.v.

die geografiese herkoms, relevansie en verbruik;

variante-register van die spraakgemeenskap;

die genre-diversiteit van skeppende mondelinge en skriftelike uitinge;  en

formaat en medium.


Wat is NALN se missie?

Om die onvervangbare bydrae wat net 'n literêrhistoriese museum tot 'n literêre scenairo kan toevoeg t.o.v. die Afrikaanse letterkunde - en daardeur ook t.o.v. die gemeenskaplike multi-talige Suid-Afrikaanse literêre toneel - te realiseer deur:

'n omvattende funksionele, gebruikersgerigte museum- en dokumentasie- infrastruktuur vir die Afrikaanse letterkunde in sy nasionale en internasionale konteks te bedryf;

binne die parameters van die tydgenootlike nasionale en internasionale museumkundewetenskap se erkende teorie en praktyk, tot 'n leier te ontwikkel;  en

'n konstruktiewe bydrae tot die waardering en bevordering van die literatuur in al sy verskyningsvorms te lewer, en die welsyn van al sy rolspelers en belangegemeenskappe te dien.


Terug na Tuisblad