NALN 25
NALN vier vanjaar sy
kwarteeubestaan: die Museum is op 24 Maart 1973 amptelik geopen. Die silwerjubileumjaar
word met n uitgebreide reeks
projekte onder die tema "NALN 25" gevier.
Die feesjaar word benader as n ideale geleentheid om die gemeenskap omtrent die
Museum en sy werksaamhede in te lig, om die Museum opnuut aktief te bemark, en om die
gemeenskap daadwerklik by die proses van transformasie waartoe NALN hom verbind het, te
betrek.
Die mikpunt is om NALN met die oog op sy volgende 25 jaar en die aanbreek van die 21ste
eeu as n unieke en onontbeerlike bate binne die Afrikaanse en Suid(er)-Afrikaanse
literêre sisteem te posisioneer.
Belangstellendes word genooi om in enige relevante opsig voorleggings, kommentaar en
insette per faks, e-pos of ander
skriftelike wyse te lewer om dié oogmerk te verwesenlik.