NALN loods eersdaags 'n nuwe projek, "NALN se Leeskring-lapa", ten einde
sy bestaande diens aan leeskringe binne projekverband te herstruktureer en uit tre brei.
Dit behels onder meer die formalisering van bestaande gegewens tot 'n databank wat
die jongste inligting omtrent leeskringe, hulle aktiwiteite, skakelpersone en -adresse,
ens. sal bevat.
Die projek word van stapel gestuur tydens 'n literêre aand op Maandag 21 September 1998.
Dr. Riana Scheepers, uitgewer, bekroonde skrywer en erkende kundige rakende
die leeskringkultuur, sal by dié geleentheid, sal by dié geleentheid as gasspreker
optree.
Dit vind plaas pas voor die begin van die tweedaagse Boekmakietie/Book Bokete
wat op 22 en 23 September 1998 in die Bloemfonteinse Burgersentrum gehou word.
Dit sal dus terselfdertyd as "lapa-aand" dien vir die Boekmakietiegangers
wat dan al in die stad sal wees.
NALN se bestaande diens aan leeskringe behels aspekte soos:
| verskaffing , op aanvraag, van inligting omtrent Afrikaanse skrywers en boeke | |
| inligting omtrent die nuutste boeke in Afrikaans | |
| advies t.o.v. die saamstel van jaarprogramme/leeslyste | |
| insette en samewerking t.o.v. die jaarlikse aanbied van die Boekmakietie (vroeër die Nasionale Leeskringseminaar) | |
| optredes by leeskringe |