Indien u die teks van enige van die
boekbesprekings wil aanvra, volg asseblief die volgende prosedure:
Aanvraag kan skriftelik gedoen word of deur 'n e-pos boodskap te stuur. Verskaf
asseblief u volledige adres en telefoonnommer, selfs indien die inligting per faks versend
moet word. Dokumente kan ongelukkig nie elektronies versend word nie. Navrae
word in volgorde van ontvangs afgehandel, maar moeite word gedoen om so spoedig moontlik
aandag aan alle navrae te gee. Inligting word slegs vir navorsingsdoeleindes verskaf
en die ontvanger moet self sorgdra dat voldoen word aan die vereistes van die
Outeursregwet No 98 van 1978.
'n Faktuur word saam met afskrifte versend en die navraer word verantwoordelik gehou vir
die spoedige vereffening van die faktuur.
Kontakpersone:
Mej. E.M. Geldenhuys of Mev. L.C. Viljoen
Posadres:
Privaatsak X20543, Bloemfontein, 9300, Suid-Afrika
Faks: (051) 4054259
E-pos: naln@majuba.ofs.gov.za
Koste: Per pos: 14 sent per A4 bladsy of 28 sent per A3 bladsy
vir groter dokumente
Per faks: R4,50 hanteringskoste +
70 sent per A4 bladsy