Op Donderdag 14 Oktober 1999 om 19:00 word die bekroonde skrywer George
Weideman se nuwe roman, Draaijakkals, in die ouditorium van die Nasionale
Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) bekendgestel. Die skrywer
sal self teenwoordig wees om eksemplare van sy boek wat te koop aangebied sal word, te
teken. Prof. Hennie van Coller van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die
Vrystaatse Universiteit is die gasspreker.
Na afloop van die formele verrigtinge sal verversings aangebied word. Alle
belangstellendes is welkom. Toegang is R15,00 per persoon. Vir verdere
besonderhede kan Helena Smit by 051-4054034 of Leana Lategan by 051-4054012 geskakel word.